TELEVISION

GROOTPLAAS - 24 April 2017: Loutjie Dunn, die voorsitter van die Vereniging van Veevoervervaardigers gesels oor die invoer van hoenderprodukte en die gevolge daarvan vir die plaaslike bedryf.

GROOTPLAAS - 31 Maart 2017: Loutjie Dunn van AFMA gesels oor pluimvee-invoere en hoe dit die plaaslike pluimvee- en voerbedryf affekteer.

GROOT ONTBYT - 27 Januarie 2016: Die jongste navorsing en ontwikkeling in die veevoer-vervaardigingsbedryf kom eersdaags onder die loep tydens vanjaar se Afma Forum. Die 9de Afma Forum sal van 1 tot 3 Maart vanjaar by Sun City in Noordwes aangebied word. Dié konferensie word slegs elke drie jaar gehou. Elsa Esterhuizen het op die Groot Ontbyt met De Wet Boshoff, die uitvoerende direkteur van AFMA, oor dié hoëvlak konferensie gesels.

RADIO

RSG LANDBOU - 7 Maart 2017: De Wet Boshoff, uitvoerende direkteur van Afma, gesels met RSG-luisteraars oor die impak wat die invoer van hoedervleis tans op die plaaslike pluimveebedryf en ook die veevoermark het.

RSG LANDBOU - 17 November 2016: De Wet Boshoff, uitvoerende direkteur van AFMA, gesels oor die veevoerbedryf en die droogte.

RSG LANDBOU - 16 November 2016: Ons het onlangs met De Wet Boshoff, uitvoerende direkteur van die Animal Feed Manufacturers’ Association, oftewel Afma, gepraat oor die stand van die Suid-Afrikaanse veevoerbedryf in 2016, mylpale wat bereik is en belangrike aksieplanne en projekte vir 2017.

RSG LANDBOU - 15 November 2016: Vernuwende denke in die veevoervervaardigingsbedryf om voedselsekerheid in 2050 te verseker, het onlangs onder die loep gekom by die Animal Feed Manufacturers’ Association, oftewel Afma, se jaarlikse simposium. Die simposium is by die WNNR in Pretoria gehou en verskeie plaaslike en internasionale sprekers het aan die simposium deelgeneem. Ons het na afloop van die simposium met De Wet Boshoff, uitvoerende direkteur van Afma, oor dié geleentheid gesels.