RSG LANDBOU - 21 Oktober 2020 (Deel 2): AFMA vier vanjaar sy 75ste bestaansjaar. RSG Landbou het met De Wet Boshoff gesels oor hoe die behoefte vir so ‘n liggaam in 1935 ontstaan het. Luister nou na dié onderhoud.
RSG LANDBOU - 20 Oktober 2020 (Deel 1): AFMA vier vanjaar sy 75ste bestaansjaar. RSG Landbou het met De Wet Boshoff gesels oor hoe die behoefte vir so ‘n liggaam in 1935 ontstaan het. Luister nou na dié onderhoud.
RSG LANDBOU - 25 Februarie 2020: Die uitvoerende hoof van AFMA, oftewel die Veevoervervaardigersvereniging, De Wet Boshoff, het in Januarie in Atlanta in die VSA, ‘n byeenkoms vir internasionale rolspelers van dié bedryf bygewoon. Vind meer uit oor wat die doel van die byeenkoms was. Luister nou na hierdie onderhoud.
RSG LANDBOU - 20 Februarie 2020: Die Veevoervervaardigersvereniging bied vroeg in Maart ‘n belangrike forum aan. Die organisasie se bestuurshoof, De Wet Boshoff, vertel waarop daar gefokus sal word.
RSG LANDBOU - 20 Desember 2018: Varkprodusente kry in 2019 ‘n geleentheid om ‘n internasionale varksimposium by te woon. Die Ensminger-simposium word aanstaande jaar vir die eerste keer in Suid-Afrika aangebied.
KLANKKOERANT LANDBOU - 2 Augustus 2018: Die verkope van dierevoeding in Suid-Afrika is besig om te stabiliseer, na jare van verskeie uitdagings in die landbou bedryf. Die Uitvoerende Direkteur van AFMA, De Wet Boshoff verduidelik.
RSG LANDBOU - 17 November 2016: De Wet Boshoff, uitvoerende direkteur van AFMA, gesels oor die veevoerbedryf en die droogte.
RSG LANDBOU - 16 November 2016: Ons het onlangs met De Wet Boshoff, uitvoerende direkteur van die Animal Feed Manufacturers’ Association, oftewel Afma, gepraat oor die stand van die Suid-Afrikaanse veevoerbedryf in 2016, mylpale wat bereik is en belangrike aksieplanne en projekte vir 2017.
RSG LANDBOU - 15 November 2016: Vernuwende denke in die veevoervervaardigingsbedryf om voedselsekerheid in 2050 te verseker, het onlangs onder die loep gekom by die Animal Feed Manufacturers’ Association, oftewel Afma, se jaarlikse simposium. Die simposium is by die WNNR in Pretoria gehou en verskeie plaaslike en internasionale sprekers het aan die simposium deelgeneem. Ons het na afloop van die simposium met De Wet Boshoff, uitvoerende direkteur van Afma, oor dié geleentheid gesels.